Google Play App Store

Estate late fees/ boedel kostesEstate late fees/ boedel kostes

ANY »Posted 12 Feb 2019

legal question Goeiedag Mnr / Dame, baie dankie vir die kans om n vraag te kan vra. - Dit gaan oor my man se boedelkostes, hy is nou 3jaar oorlede. Ek het die eerste prokureur wat die boedel sou doen se mandaat na 6 maande beeindig, want sy het na 5 maande nog nie die Esekuteursbrief kon kry nie, syt nie my navrae beantwoord nie, ens. Agtergrond: Weens my slegte gesondheid het 2 van my familie haar gaan sien na ek n telefoniese afspraak gemaak het, sodat hulle als kon uitvind en ek haar kon aanstel. Hulle het haar pertinent, op my instruksie, gevra wat sal haar kostes wees om die boedel te beredder? (Die boedel is nie groot...+- tussen 1 tot 2 miljoen). Waarop sy gesÍ het R9000-00 (nege duisend rand )...maksimum R10 000-00. Dit is ons eerste boedel so ons het haar woord gevat daarvoor. - Na die beeindiging van haar mandaat - na sy net n advertensie geplaas en n paar eposse gestuur het, stuur sy toe n rekening aan die \"nuwe\" prokureur vir amper R18 000-00. Op haar rekening lys sy n klomp goed wat sy nooit eers by uitgekom het om te doen nie, soos bv die L+ D rekening + die open van n bankrekening. Die nuwe prokureur het toe vir my gesÍ die eerste prokureur mag nie haar \"boedelrekening\" so opstel nie, en aan die einde v d dag moet ALLE boedelkoste uit die toegelate 3,5% op n boedel, kom.
>Nou my vraag asb : Die 2de prokureur het nou die L+D rek opgestel......sy reflekteer nou die 1ste prok se \"kostes\" van amper R18 000 asook haar eie kostes van 3.5%, op die rekening. Sy sÍ ons kan n \"aanbod\" aan die eerste prok maak van wat ons dink ons haar wil gee.
> EERSTENS voel ek dat prok 1 haar \"mondelingse koste ooreenkoms\" vir die totale afhandeling v d boedel nou heeltemal ignoreer !!
> TWEEDENS, as prok no 2 in die begin gesÍ het alle eksekuteursfooie moet uit die 3.5% v d boedel kom, moet die bedrag wat ons prok 1 aanbied....dan nie uit die 3.5% kom wat prok 2 se fooi nou is nie ? - MAW ek kan nie 2 debiete - vir prok 1 se \"koste\" en prok 2 se 3.5% betaal nie ?
> Kan prok 2 my ook extra \"siviele koste,\" vra omdat sy moes antwoord op die hospitaal se dagvaarding vir n uitstaande rekening, wat n eis teen die boedel is ?
Hierdie situasie was n nagmerrie vir my omdat ek afhanklik was vir die boedel vir n inkomste.
Byvoorbaat baie dankie ! !
Maria Malan


Note: - We try our level best to avoid any kind of abusive content posted by users. Kindly report to us if you notice any, pathlegal@gmail.com

Copyright @ Pathmpor Consultants Pvt Ltd

F

r

e

e


A

d

v

i

c

e